Wie is ons
Kwaliteit diens is ons leuse. As jy saam met ons werk kry jy altyd waarde vir geld. Dit is ons vreugde om saam styl te skep en dit ‘n werklikheid in jou huis maak.
Ons help jou graag om opmetings te doen en idees by te dra. ‘n Gekwalifiseerde span van installeerders sal die werk behartig.
Sedert 2014
ONs Span
Annerine Beyers
Ontwerper en konsultant
Elke huis of kantoor is ‘n passie. Elke vertrek ‘n klein wêreld om te laat leef! Met entosiasme en sjarme deel Annerine graag daarin jou projek onder weg te kry.
Johan Beyers
Installeerder
‘n Alom-bevoegde man met gereedskap. Wat ‘n plan kan maak om elke taak netjies te laat lyk. Soos hy sy eie huis bou, so neem hy elke projek onder sy vlerk.
Riaan Oelofsen
Installeerder
Met jare se ondervinding in allerlei installasiewerk, is Riaan die een om aan jou kant te hê. Met ‘n sagte geaardheid doen hy die fisiese installasiewerk met vreugde. Netheid en presisie is elke dag sy missie.