Ons werk
Ons werk is ons trots. Installasie word deur ‘n gekwalifiseerde span verrig. Dit sal vir generasies nog in mense se huise leef. Verwyl gerus ‘n rukkie in ons gallery van foto’s van vorige gelukkige huiseienaars.
Lig • GEVOEL
Met ons Luxaflex reeks kan ons voorsiening maak vir die gevoel wat jy wil skep. Of dit nou ‘n sagte lig is met ‘n bietjie tekstuur… of die vermoë om ‘n kamer donker te maak.
Die tekstuur van hierdie kamer se lig skep ‘n warm gevoel, sonder om harde lyne te maak wat jy van blinders mag verwag.
Ons werk saam Aan jou projek
Maak nie saak in watter fase van jou projek jy is nie, ons kan help. Ons werk saam met die bouprojek, aanbouing of verfraaing.
Begin by die vloer
Beplanning begin van die grond af. As jy die fondamente reg lê kom jou styl sommer gou uit.
Pas die blinder by jou kamer
Leefarea met uitsig
Laat die son jou steeds warm hou in die winter, Sonder dat die bure saam met jou kuier.
Die kombuis is die hart van die huis
Laat daar lig wees waar die kos gemaak word. As funksionele spasie in elke huis is lig baie belangrik in elke kombuis. ‘n Kreatiewe spasie waar daar lekker kos berei word.
Pas jou kamer se gevoel
Laat daardie kleiner kamer tot sy reg kom, deur lig toe te laat. Bring die omgewing na binne waar jy werk of leer.
Privaatheid
Blok die buitewêreld uit wanneer dit nodig is.
Laat ons jou help om jou visie werklik te maak